ABOUT US
Who are we?
Wie is ons?
WheelSpot is gedurende April 2003 te Vredenburg begin en kort daarna is die potensiaal van Paarl raakgesien.
Altyd-tevrede kliente is die spil waarom ons besigheid bedryf word en WheelSpot se span streef voortdurend daarna om ons kliente se voertuigverwante behoeftes te verstaan, ons beste te gee om daarin te voorsien en hopenlik, met vriendelike & gehalte diens, asook geskikte, puik gebruikte voertuie, dit selfs ver te oortref!
WheelSpot se trots is daarom die kwaliteit van die voertuie wat ons verkoop en, gegewe dat ons met gebruikte voertuie handel dryf, doen ons en ons diensverskaffers dus ons beste om ‘n voertuig in die bes moontlike toestand te plaas voordat dit aan kliente beskikbaar gestel word. Dit sluit onder meer in dat elke voertuig ‘n deeglike padwaardigheidstoets ondergaan en word enige defekte uitgesorteer en/of herstel voordat dit aan ‘n klient verkoop word. U kan dus met gemoedsrus ‘n voertuig by WheelSpot aankoop!
Ons voertuigreeks sluit in motors van omtrent alle handelsmerke en modelle en u kan dus na hartelus kies en keur. Ons bakkies is egter waarop ons die meeste trots is: WheelSpot het verseker die grootste verskeidenheid gebruikte bakkies in die Boland! Of dit dus ‘n 4×4, 4×2, enkelkajuit, dubbelkajuit, ”supercab/clubcab”/xtracab, 1-tonner of halftonner is waarna u op soek is, sal ons u waarskynlik daarmee kan help.
As u finansiering benodig om u droomvoertuig aan te skaf, bied ons u ook sodanige diens op ons perseel en sal WheelSpot se span hul bes gee om ‘n suksesvolle uitslag op u aansoek te beding.
Indien u dus beplan om ‘n voertuigaankoop en/of -verkoop te doen en verseker wil wees van eerlike en kwaliteit diens, wag die vriendelike verkopespan en personeel van WheelSpot reeds om u met ope arms te ontvang.